GOD'S HOME wil net dankie se aan SANDVIK vir hulle wonderlike donasies.
“Jy kan nie ‘n ander met jou dankbaarheid ‘betaal’ nie. Al wat jy kan doen, is om eendag vir iemand anders in die lewe te doen en te wees wat die een vir jou was” – Anne Marrow Lindenburgh
Hoe waar lui die woorde nie?
Godshome was die afgelope Saterdag (6 Mei 2017) danig geseën met ongelooflike skenkings. Ons wil graag aan SANDVIK en Lydenburg Golf Klub ‘n dankbetuiging aan gee vir al die moeite en bystand wat hulle gelewer het.
Eerste aan ons Hemelse God en Vader. Dankie dat U hierdie mense oor ons pad gestuur het. U alleen ken die nood in sy totaal. U alleen sien elkeen van ons en weet wat ons benodig. Ons dank U vir U genade en U seen. AMEN
SANDVIK het aan God's Home voedsel geskenk en ons kan nie genoeg sê hoe dankbaar ons is nie. Voedsel van enige vorm en aard (vars, nie-bederfbaar ens) is op groot aanvraag onder die mense en God's Home kan nooit voor bly nie. Daarom is ons stomgeslaan en met dank vervul. Hierdie donasie gaan vir baie honger nagte spaar en vir baie skoolkinders kos in die skooltas beteken.
Ons moet ook ons dankbaarheid uitstrek aan Lydenburg Golf Klub wat vir ons met ope arms ontvang het. Dankie dat julle hierdie dag moontlik gemaak het.
Ons wil ook vir al die ander mense wat bydrae gelewer het bedank uit die diepte van ons harte.
Woorde kan nie ons dankbaarheid ten volle uitdruk nie. Daarom maak ons soos die wyse woorde hierbo: doen vir ander.









Our mission is to give life.
According to STATS SA, 58.6% of woman and 54.9% of men in South Africa are impoverished. About 70% of the residents in Mpumalanga alone are classified as impoverished. This includes the elderly and the frailOur mission at God's Home is to help families in need and to help the helpless and vulnerable. Even though the path we chose is not without struggle, we remain optimistic. Together, we can make a difference.
