Marie Duddle
Vandag vra ek vir gebed aub - . Ek is so moeg. Moeg om my kind te sien sukkel, moeg om op my ouderdom nog te moet werk omdat ek finansieel op 69 nie kan bekostig om op te hou nie. My EIE skuld, maar ek is net 'n ouer.... my oudste dogter was werkloos het by ons in klein woonstelletjie gewoon, en ek as Ma kon mos nie wegkyk en niks doen nie. Sy was bipoler en het in 2013 aan selfdood gesterf. Ek gaannie betrokke raak oor of sy die Heer Jesus as haar Verlosser aangeneem het nie, want ek weet sy het, al is dit absoluut kontrastrerend met ons geloof, dit wat sy gedoen het.. FEIT waarmee ek moet leef. Haar laaste woorde in haar brief was: I just want to be with my Lord Jesus. Intense moeilike emosionele ding vir my as moeder, as christen gewees want hoe bring jy selfdood en geloof bymekaar? Maar my kind was moeg en sy het gedoen wat sy gedoen het. Ek het haar gevind toe ek die middag na werk tuiskom. Dit, net 3 jaar na my seun oorlede is aan hartaanval in 2010. Ek soek nie simpatie nie. Vannaand MOET ek net praat, dalk omdat dit gesigte is wat my nie ken nie, maak dit bietjie makliker. Ek is moeg vir voorgee dat ek ok is. Drie kinders, twee weg, nog net een wat basies armblanke is. Twee pragtige seuntjies, maar sy het die verkeerde pad geloop en met dwelms betrokke geraak. NOU is sy skoon maar betaal duur vir haar foute... kan net nie werk kry nie. En die kettingreaksie is ek werk om my kind en haar kinders te help. Vanmiddag het sy my gebel en ek as moeder moes hoor hoe moeg sy is, van swaarkry - geld, kos, vervoer, noem dit, die probleem is daar. Ek krimp innerlik. Ek het hoop verloor en ek dink aan Geloof, Hoop, Liefde. My HOOP is weg. Want dit was HOOP toe ek en my oudste gebid het vir hulp en nie gekom nie, toe neem sy haar eie lewe. Dis HOOP wat my geloof geroer het toe ek op my kniee vir God smeek om my seun se swak hart te genees, toe ag die Heer dit goed om hom op 42 te neem. Dis HOOP wat my vir my jongste laat bid het toe sy die noue weg verlaat het. Maar my hoop is weg. Ek kannie meer help nie. Emosioneel, fisies, finansieel, noem dit, ek is bankrot in al bge. gebiede.\\Ek is bang ek gaannie my Verlosser sien wanneer ek my laaste asem uitblaas nie, want ek weet nie hoe om te bid of wat om vir my God te se nie... ek ween tog net en dit behaag Hom nie. My hart is gesluit vir hoop, want dit bring net teleurstelling. Maar daar is STERKER gelowiges as ek daar buite, en ek vra innig dat julle vir my sal bid dat ek die eindpunt bereik. Ek is bang, ek wil by God opeindig wanneer ek sterf... Ek glo met my hele hart Jesus het aan die kruis gesterf vir my sondes, maar my MENSWEES is geestelik afgestomp. Skies weet nie of ek myself reg uitdruk nie. Verwyder maar die pos Admin as dit te intens is, ek reik net uit want ek is BANG. As my kind wat nou SKOON is en so graag haar seuntjies wil vergoed vir waar sy gefaal het ook nie werk kry nie, wat dan? Ek pleit dat u as groep bid vir haar om werk te kry.. en vir God om my te vergewe en nie Sy gesig van my af wegdraai omdat ek so swak geword het nie. Dankie. Ek is getroud met 'n goeie, eerbare man, maar dis nie haar eie pa nie., hy is oorlede. So dis net ek en sy wat mekaar as bloedfamilie het.Ekskuus vir die lang pos maar ek reik uit na mede-christene om my naam voor die Heer se troon te bring, sowel as my dogter Celeste. ... See more