Goeiemore, Godshome wil vandag met 'n swaar hart afskeid neem van Lydenburg weens persoonlike redes.
Ek wil aan almal uit my hart uit sê....Baie dankie aan elke skenker, volunteerwerker, al my Godshome mense ....vir al julle liefde en omgee. Ek het 'n spesiale plekkie in my hart vir julle elkeen en is lief vir almal.
My hart is in stukkies geskeur en my trane rol, maar al het ek hoe hard probeer, het dinge teen my gewerk.
Godshome sal nou van Witbank bedryf word. Mag God altyd saam met julle wees, julle onder Sy vlerk neem en beskerm....
Aan Mc.....my liewe vriendin baie dankie vir al jou liefde, harde werk en soms ook harde baklei vir Godshome.
Jy het 'n hart van goud en loop 'n padjie met ons Vader. Mag God jou uit jou skoene bless....
Nadia, baie dankie aan jou ook vir jou tyd wat jy gehelp met Godshome en soms jou gesin afgeskeep het. Mag God jou seën en bewaar.
Gert, dankie vir al die tye wat jy Godshome uitgehelp het. God seën jou en jou bewaar.
Narda....vir al jou tyd wat jy aan Godshome geskenk het en berigte gedoen het vir ons. Jy is 'n dierbare onselftugtige mens met 'n hart vol liefde. Mag God jou seën en in jou beroep en mag Hy jou elke dag beskerm en veilig bewaar.
Lief julle almal
Gina ... See more