GOD'S HOME wil net dankie se aan SANDVIK vir hulle wonderlike donasies.

“Jy kan nie ‘n ander met jou dankbaarheid ‘betaal’ nie. Al wat jy kan doen, is om eendag vir iemand anders in die lewe te doen en te wees wat die een vir jou was” – Anne Marrow Lindenburgh

Hoe waar lui die woorde nie? Godshome was die afgelope Saterdag (6 Mei 2017) danig geseën met ongelooflike skenkings. Ons wil graag aan SANDVIK en Lydenburg Golf Klub ‘n dankbetuiging aan gee vir al die moeite en bystand wat hulle gelewer het.

Eerste aan ons Hemelse God en Vader. Dankie dat U hierdie mense oor ons pad gestuur het. U alleen ken die nood in sy totaal. U alleen sien elkeen van ons en weet wat ons benodig. Ons dank U vir U genade en U seen. AMEN

SANDVIK het aan God's Home voedsel geskenk en ons kan nie genoeg sê hoe dankbaar ons is nie. Voedsel van enige vorm en aard (vars, nie-bederfbaar ens) is op groot aanvraag onder die mense en God's Home kan nooit voor bly nie. Daarom is ons stomgeslaan en met dank vervul. Hierdie donasie gaan vir baie honger nagte spaar en vir baie skoolkinders kos in die skooltas beteken.

Ons moet ook ons dankbaarheid uitstrek aan Lydenburg Golf Klub wat vir ons met ope arms ontvang het. Dankie dat julle hierdie dag moontlik gemaak het.

Ons wil ook vir al die ander mense wat bydrae gelewer het bedank uit die diepte van ons harte.

Woorde kan nie ons dankbaarheid ten volle uitdruk nie. Daarom maak ons soos die wyse woorde hierbo: doen vir ander.

20170507_093630
20170507_101353
20170507_113036
20170507_113039

Our mission is to give life.

According to STATS SA, 58.6% of woman and 54.9% of men in South Africa are impoverished. About 70% of the residents in Mpumalanga alone are classified as impoverished. This includes the elderly and the frail
Our mission at God's Home is to help families in need and to help the helpless and vulnerable. Even though the path we chose is not without struggle, we remain optimistic. Together, we can make a difference.

Thank you for your kindness dear volunteers

9 years ago

Godshome vra asseblief vir skenkings van griep, hoesstroop vir kinders, vicks en vir koors. Ons het soveel mamma's wat hulp vra met siek kinders.
Dankie en geseënde aand vir almal

LIKE
LOVE
HAHA
WOW
SAD
ANGRY
9 years ago

Hello Godshome. Hoe gaan dit met jou. Kan jy asb vir my uitvind of iemand n hang kas het wat hulle kan skenk ..ons het n jong seun in ons huis gevat en ek kort n hangkas vir sy klere asb .☺

LIKE
LOVE
HAHA
WOW
SAD
ANGRY
9 years ago

Naand Tannie hoop dit gaan goed jammer ek pla wil graag hoor of Tannie my dalk kan help met klere 36broek L hemp en dalk skoene nr5 Groot asb ek het niks warm klere nie groete

LIKE
LOVE
HAHA
WOW
SAD
ANGRY
9 years ago

Godshome gee vir Hoërskool dogter buskaartjie van R160 en R40 vir koeldrank en pastei sodat sy vir haar familie kan kuier vir die vakansie.

LIKE
LOVE
HAHA
WOW
SAD
ANGRY
9 years ago

Godshome vra skenkings van baba seun klere, doeke, badgoed, komberse, enigiets vir mamma wat binnekort gaan kraam. Baie dankie en geseënde aand vir almal

LIKE
LOVE
HAHA
WOW
SAD
ANGRY
9 years ago

Godshome vra asseblief die volgende skenkings :

Besems
Moppe
Vaddoeke
Liggies wat met solar werk of batterye
Skottels en emmers vir wasgoed was en skottelgoed asook om vloere te kan was.
Pine ... See more

LIKE
LOVE
HAHA
WOW
SAD
ANGRY
9 years ago

1 x Fitter word benodig vir moontlike vaste werk in Lydenburg. Stuur cv na lydenburg@tugelamining.com

LIKE
LOVE
HAHA
WOW
SAD
ANGRY
9 years ago

Goeiemiddag tannie, hoe gaan dit vanmiddag? jamer ek pla, ek wil net graag hoor of tannie nie asb vir my 3 of 4 warm komberse het nie asb?

LIKE
LOVE
HAHA
WOW
SAD
ANGRY
9 years ago

Mre Godshome ag ek vra weer vandag hulp met kossies en dalk groot asb bietjie waspoeier? Dankie jamm ek vra jong maar ek weet nie meer watse kant toe nie

LIKE
LOVE
HAHA
WOW
SAD
ANGRY
9 years ago

Wie kan asseblief hierdie gesin help?

Message Body:
Family of 6 urgently in need of food, baby nappies etc

LIKE
LOVE
HAHA
WOW
SAD
ANGRY
« ‹ 18 of 26 › »
Share this: